Ken jy jou haselneut en jou okkerneut uitmekaar?
Vind hier uit!
Besoek afrikaans.com, wys hoe lyk jóú Afrikaans en jy kan tot R10 000 wen!
Image may be NSFW.
Clik here to view.
The post Ken jou neute! appeared first on SARIE.
Ken jy jou haselneut en jou okkerneut uitmekaar?
Vind hier uit!
Besoek afrikaans.com, wys hoe lyk jóú Afrikaans en jy kan tot R10 000 wen!
Image may be NSFW.
Clik here to view.
The post Ken jou neute! appeared first on SARIE.
Suid-Afrika is gek na ons vinnige Wayde van Niekerk. En ons hou duimvas dat dié atleet goud sal huis toe bring. Maar ons is nie al nie, selfs internasionale atlete neem kiekies saam met Wayde!
Die All Black Sonny Bill Williams is vanjaar te sien by die Olimpiese Spele se sewesrugby-toernooi. Hy het ’n foto saam met Wayde geneem en hom as “nederig” beskryf.
Meet the 400m world champ today such a humble dude, good luck my South African brother @WaydeDreamer #Rio2016 pic.twitter.com/n4hTAVFjHD
— Sonny Bill Williams (@SonnyBWilliams) August 4, 2016
En die kampioen van tennis, Serena Williams, het ’n selfie saam met Wayde geneem.
.@serenawilliams taking a selfie with flag bearer @WaydeDreamer #teamSArise pic.twitter.com/2RGoH0aIK8
— TeamSouthAfrica (@teamsa16) August 5, 2016
As alles goed gaan, sal Wayde Sondag 14 Augustus om 01:00 SA tyd in die 400 m se halfeindronde hardloop!
FOTO Olympics
Olimpiese Spele: Fokus op die 100 meter
Jou gids vir die Olimpiese Spele
Goue swemmers: Chad le Clos en Michael Phelps
The post Rio 2016: Almal soek ’n stukkie Wayde appeared first on SARIE.
Daar is net iéts aan Afrikaans. ’n Hartsding.
Daarom het ons die afgelope paar weke Afrikaanse woorde en gesegdes op sosiale media gedeel. En die reaksie wat ons gekry het, was verstommend. Onderwysers het ons genader om dié gesegdes uit te druk vir hul klaskamers, taalliefhebbers wou dit sommer raam en in hul huis sit.
Hier is die ontwerpe wat Maresa Pretorius, senior ontwerper by SARIE, al gemaak het. Hou ons sosialemedia-platforms dop vir nóg ontwerpe in die nabye toekoms!
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Laai dit HIER af.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Laai dit HIER af.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Laai dit HIER af.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Laai dit HIER af.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Laai dit HIER af.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Laai dit HIER af.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Laai dit HIER af.
En SARIE KOS se #woordvandiemaand:
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Laai dit HIER af.
Afrikaans is kleurryk, Afrikaans het ritme, Afrikaans het seggenskap en Afrikaans het nut! Afrikaans is uniek en Afrikaans is universeel. Afrikaans is … oppibôl! Só skryf hulle op afrikaans.com – die splinternuwe platform vir enigiets en alles Afrikaans.
Wys hoe lyk jóú Afrikaanse mode op afrikaans.com en jy kan tot R10 000 WEN!
The post Laai ons Afrikaanse sê-goed af appeared first on SARIE.
Sisters are doin’ it for themselves, sing soul-sangeres Aretha Franklin. En vroue sing al jare saam … Hulle het iets om te sê en hulle sê dit, vir hulself en vir ander wat nie ’n stem het nie. Charlize Theron baklei teen ongelyke betaling tussen mans en vroue; aktrise en aktivis Emma Watson veg in die voorste linie vir gelyke regte. Beyoncé gebruik haar musiek om te waarsku teen ontrouheid, ’n kwessie wat soveel vroue raak.
Aan elke vrou wat bydra om die wêreld ’n beter plek te maak, ook dié SA inspireerders, hierdie artikels is vir jou:
(Klik onder die foto om elkeen se storie te lees)
PJ, Claire en Zolani oor vrouwees
Waar eindig geweld teen vroue?
Image may be NSFW.
Clik here to view.
The post Ons inspirasie-vroue vir Vrouemaand appeared first on SARIE.
Ons Springbokke leef vir rugby – hulle ken die reëls, droom oor ’n drie en is nie bang vir seerkry nie. Maar hoe gemaak as hulle ’n ander sportsoort moes speel? Die Springbokke het ’n skreeusnaakse video gemaak waarin hulle aan die “Olimpiese Spele” deelneem.
Beseerde Bok Pat Lambie roei en die Bok-kaptein Adriaan Strauss speel tafeltennis! Gelukkig is dit net speel-speel om hul ondersteuning vir Span SA te wys.
The post Springbokke hou hul lyf atleet appeared first on SARIE.
Die Olimpiese Spele hou ons vasgenael voor die TV – maar met 206 lande wat deelneem, is daar sekere onbekende en klein lande.
Hoe goed ken jy dié lande? Vandag se vraelys gaan oor lande wat met ’n “A” begin.
Neem deel en daag jou vriende op sosiale media uit om ook deel te neem.
NS. Die vraelys neem ’n paar sekondes om te laai. Wees geduldig, dis die moeite werd! As jy by die laaste vraag (oor die basketbalspeler Manu Ginóbili) kom, druk “SUBMIT” regs onder om jou resultaat te kry.
Hier is die lys van al die lande wat aan vanjaar se Olimpiese Spele deelneem.
The post Hoe goed ken jy die lande by die Olimpiese Spele? appeared first on SARIE.
Vir maande het die skindertonge geklap oor wié die pa van die Hollywood-aktrise Megan Fox se derde kind kan wees. En vanoggend is haar seun, Journey River Green, gebore.
Megan het die gehoor vroeër vanjaar verras toe sy met haar bababoep by CinemaCon in Las Vegas verskyn het om haar nuutste film, Teenage Mutant Ninja Turtles: Out of the Shadows, te bemark.
Dit was net agt maande nadat sy en haar man, Brian Austin Green, uitmekaar is.
Maar as ons die gerugte van E! News moet glo, is Brian nie net die pa nie, hy is ook weer deel van Megan se lewe. Die egskeiding gaan glo nie onmiddellik plaasvind nie.
Behati Prinsloo
Die Namibiese Victoria’s Secret-model, Behati Prinsloo, gaan een van die dae haar eersteling verwelkom. Sy het onlangs dié foto op sosiale media gedeel.
A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on
Candice Swanepoel
En die Suid-Afrikaner Candice Swanepoel, ook ’n Victoria’s Secret-model, deel gereeld foto’s van haar magie.
A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on
Sangeres Andriëtte Norman is swanger
The post Megan Fox verwelkom derde kind appeared first on SARIE.
Die Amerikaanse swemmer Michael Phelps het onlangs sy 21ste goue medalje by die Olimpiese Spele gewen. Maar dis nie net sy spiere wat jy by die swembad raaksien nie – Michael het ook groot pers kolle op sy lyf. En dis als te danke aan cupping.
Cupping klink soos ’n nuwe Hollywood-gonswoord. Bekendes soos Kim Kardashian, Jennifer Aniston, Gwyneth Paltrow, Victoria Beckham, David Arquette en Jessica Simpson pronk ook graag met hierdie kolle.
Dis veral Gwyneth wat dit al vir jare doen, berig The Independent.
Maar die gebruik is al eeue oud.
Wat is cupping presies?
Volgens WebMD is cupping ’n vorm van alternatiewe medisyne en die gebruik kom al eeue in China en selfs antieke Egipte voor. Glasies word vir 5 tot 10 minute onderstebo op die vel geplaas om ’n suig-effek te veroorsaak. Die vel word letterlik soos ’n doppie in die glasie ingesuig en in die proses word bloedvloei gestimuleer.
Dit help glo met bloedsirkulasie, velprobleme, spanning, depressie en spierpyn. Daar’s egter nie bewyse nie en die verligting word dikwels aan ’n tipe plasebo-effek gekoppel, berig The New York Times.
Hoe lyk cupping?
Om foto’s van “cupping” te sien is byna soos om na ’n riller-rolprent te kyk. Al wat jy kan dink is: “Hoekom? Hoekom sal hierdie mense dit aan hulself wil doen?”
WAARSKUWING: Jy sal moontlik gril.
Thanks @arschmitty for my cupping today!!! #mpswim #mp @chasekalisz
A photo posted by Michael Phelps (@m_phelps00) on
Die merke kan glo tot 3 weke lank sigbaar wees!
Hier toets van Buzzfeed se personeel ‘cupping':
The post Riller: Kolle op Michael Phelps se lyf appeared first on SARIE.
Kort of lank en altyd stylvol. Hier is 6 van ons modespan se beste wenke vir die kortes en langes onder ons.
#1 Koop basiese items wat jou pas
Koop ’n lang T-hemp, dis altyd ’n staatmaker in jou klerekas.
Indien jou broek te kort is, slaan die pype eerder om sodat dit lyk asof dit “korter” móét wees.
Hakskoene laat jou voete kleiner lyk. Indien jy nie te lank wil wees nie, dra eerder ’n hakskoen met effens laer hakke.
Lees nóg wenke HIER
Om selfs net ’n bietjie been te wys kan jou werklik laat langer laat.
Lady Gaga (1,55 m) wys been
Nicole Richie (1,55 m) wys been
Indien jy uitklok-jeans dra, maak seker jou tone steek uit en dra dit verkieslik met hakskoene. Indien die jeans op die grond sleep, is dit nie reg vir jou nie. Jou tone of voete móét wys, want dit skep die illusie dat jy langer is.
’n Langer jas flous die mense rondom jou, aangesien jy langer voorkom. Maak net seker die jas pas jou perfek.
Natalie Portman (1,6 m) in ’n moulose lang jas
Onthou: Jy’s perfek soos jy is. Maar vier jou uniekheid met jou eie styl en mode-gier.
Modewenke vir lang vroue: Deel 2
The post Modewenke vir lank en kort appeared first on SARIE.
Die wêreld moes twee keer kyk toe die Franse fietsryer Pauline Ferrand-Prevot oor die eindstreep kom. Met haar gesigsvorm, beenstruktuur en prominente kuiltjies lyk sy op ’n haar soos die hertogin van Cambridge, Kate Middleton! Dis net die blonde hare wat die waarheid verklap.
Die 24-jarige Pauline het 26ste in haar resies by die Olimpiese Spele geëindig.
Presentation is done! Time to ride #raboliv #frenchcup #marseille Benoit Gilles
A photo posted by Pauline FERRAND-PREVOT (@paulineferrandprevot) on
Team presentation for #rvv is finished, start at 11.30 tomorrow ! Follow our team #raboliv@thomas_maheux A photo posted by Pauline FERRAND-PREVOT (@paulineferrandprevot) on
Kyk net hoe baie lyk sy soos Kate:
@FERRANDPREVOT is making US news, not for cycling, but as a Kate Middleton look-alike. #Rio2016 pic.twitter.com/XBYVJLcWaG
— Kirsten Frattini (@kirstenfrattini) August 11, 2016
En die Oscar-wenner Leonardo DiCaprio het aan boogskut deelgeneem – of eerder, sy tweeling Brady Ellison. Gebruikers van sosiale media kon hulself nie keer om vinnig die ooreenkoms uit te wys nie.
Fact: @Brady_Ellison is @LeonardoDiCaprio’s brother from anotha motha #RioOlympics #Rio2016 https://t.co/cpwu0x9SMj pic.twitter.com/whWg4ZzzuE
— Wetpaint (@WetpaintTV) August 8, 2016
Ons wonder of Kate nou haar kenmerkende lokke gaan kleur?
Kate Middleton se haarstileerder verklap …
Klassieke items vir ’n Kate Middleton-klerekas
Aitsa, Kate Middleton word Marilyn Monroe!
The post Is Kate se hare blond? Of is daar twee … appeared first on SARIE.
Cindy Crawford, Gwyneth Paltrow, Nicole Kidman, Sarah Jessica Parker, Kirsten Dunst, Sienna Miller, Halle Berry, Kate Moss, Lady Gaga, Jennifer Lawrence, Beyoncé, Cara Delevingne en Karlie Kloss. Dis net van die bekendes wat al op die voorblad van Vogue se September-uitgawe verskyn het. En dié keer is dit niemand anderste nie as Kendall Jenner.
As jonger suster van Kourtney, Kim en Khloé Kardashian kon Kendall maklik in hul skaduwee beland het. Maar sy het nie en met haar natuurlike skoonheid het dié donkerkop reeds op die voorblad van ses verskillende Vogue-uitgawes verskyn. Dit sluit selfs Vogue China en Vogue Japan in!
Kyk net hoe mooi lyk sy op hierdie Septemper-uitgawe:
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Natuurlik het haar familie die geleentheid gebruik om op sosiale media te spog.
A video posted by Kendall Jenner (@kendalljenner) on
Kim Kardashian
A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on
Khloé Kardashian
Kourtney Kardashian
A photo posted by Kourtney Kardashian (@kourtneykardash) on
In Amerika veral is die September-uitgawe vir glanstydskrifte ontsettend belangrik. Dit gaan oor wié jy op die voorblad kan kry en hóé dit lyk. Dis ’n nuwe seisoen (herfs) en die mode ondergaan ’n transformasie. Dis vars en dis opwindend, en die kompetisie is groot!
Só lyk vorige September-uitgawes van Vogue:
In 2009 het die filmmaker R.J. Cutler ’n dokumenter, The September Issue, gemaak oor dié belangrike uitgawe. Die redakteur van die Amerikaanse Vogue, Anna Wintour, en haar span is toe gevolg terwyl hulle aan dié uitgawe werk.
Kyk die lokprent hier:
Die aktrise Sienna Miller het destyds op hul September-uitgawe van 2007 verskyn.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
En Suid-Afrika beteken September net een ding: Lente! Op SARIE se September-uitgawe verskyn die rooikop-aktrise Amalia Uys. Koop dié uitgawe hier.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Rio-inspirasie: Só dra jy helder oë en lippe
Modewenke vir lank en kort 111
The post Kendall Jenner pronk op Vogue appeared first on SARIE.
In 1999 het Hugh Grant en Julia Roberts in die rolprent Notting Hill gespeel, waar ’n Hollywood-ster verlief raak op die eienaar van ’n boekwinkel. Die tweetjies trou aan die einde en bly gelukkig saam in Londen. Hoewel dit ’n fiktiewe storie was, is daar werklik sterre wat met doodgewone mense getrou het.
Matt Damon
In 2003 was Matt besig om die rolprent Stuck on You in Miami te verfilm. Een aand wou die span ’n bier gaan drink, maar Matt was glad nie lus om saam te gaan nie. Ná veel oorreding het hulle hom tog saamgesleep. En toe Matt sy voete in die kroeg sit, sien hy vir Luciana Barroso, ’n kelnerin agter die toonbank. Sy asem was weggeslaan. Die paartjie is in 2005 getroud en het vier kinders.
Kyk hoe vertel hy dié storie aan Ellen DeGeneres in 2011:
Patrick Dempsey
Wie kan nou vir McDreamy van die ABC-reeks Grey’s Anatomy vergeet? Op ’n dag het Patrick het sy hare laat sny, en toe is Jillian Fink dié dag sy haarkapper. Drie jaar later het hulle op hul eerste afspraak gegaan. Die paartjie is in 1999 getroud en hulle het drie kinders. Sy sny ná al die jare steeds sy hare.
Jeff Bridges
Toe Jeff in 1974 die fliek Rancho Deluxe geskiet het, het sy toekomstige vrou, Susan Geston, as kelnerin gewerk op die stel. Susan was besig om verskeie werke te doen terwyl sy studeer. Jeff het eers aan die einde van die dag die moed gehad om haar uit te vra, maar sy het nee gesê. Jeff kon haar nie uit sy kop kry nie en het haar maande later weer gaan opsoek. Die paartjie is nou al 39 jaar lank getroud en het drie dogters.
Meryl Streep
Dié Oscar-wenner het in 1978 met die beeldhoukunstenaar Don Gummer getrou. Hulle het vier dogters en een seun. Toe Meryl in 2012 haar derde Oscar wen, vir haar spel in The Iron Lady, het sy heel laaste vir Don bedank. “Alles waarvoor ek dankbaar is het jy vir my gegee.”
Bron: Business Insider
Hitchcock, die ‘meester van spanning’, verjaar!
Is Kate se hare blond? Of is daar twee …
The post Hollywood-sterre se gewone eggenote(s) appeared first on SARIE.
Die menslike liggaam is ’n masjien en ons bewonder dit veral nou weer tydens die Olimpiese Spele. Maar soms kan dié masjien te ver gedryf word en by vroue kan dit lei tot amenorree, die afwesigheid van menstruasie.
Dié toestand kom veral voor by atlete, soos Olimpiese gimnaste, en professionele dansers, soos ballerinas. Daar word onderskei tussen twee tipes, primêr en sekondêr. Primêre amenorree is wanneer ’n jong vrou teen die ouderdom van 16 jaar nog glad nie gemenstrueer het nie. Die toestand is sekondêr wanneer daar vir drie siklusse of langer as 6 maande aaneen nie menstruasie was nie.
Volgens Health24 kan dit ’n kombinasie van die vrou se gewig, stres en intense oefenprogram wees wat amenorree veroorsaak. ’n Ongebalanseerde dieet speel ook ’n rol.
Wanneer moet jy dokter toe gaan?
As jy 3 keer na mekaar nie menstrueer het nie, moet jy ’n dokter raadpleeg.
Gelukkig is amenorree nie permanent nie en kan dit met ’n gesonde eet- en gebalanseerde oefenprogram herstel word, Webmd.
– Vir meer inligting, besoek Mayo Clinic.
Luister net na jou liggaam. Nie almal van ons hou van oefening nie en ’n uur by die gim is dikwels straf.
FOTO Unsplash
Hier’s ’n 12-minuut-oefenprogram om jouself reg te kry vir die somer:
Dié oefenprogram neem net 12 minute. Doen elke oefening vir 20 sekondes en rus dan vir 10 sekondes voordat jy die volgende een doen. Herhaal die stel 3 keer. Rus ’n minuut tussen die stelle.
• Opstote (push-ups) – lê op jou maag, hande langs jou skouers, stut jouself op jou knieë (later jou voete) en stoot jouself met jou arms op, sak stadig met jou bolyf tot net bokant die vloer deur jou arms te buig
• Burpees – hurk, skop jou voete terug, doen ’n opstoot, keer terug na die hurk- posisie en spring in die lug
• Hurksitte (squats) – staan met jou voete heupwydte uit mekaar, arms voor jou uitgestrek en laat sak jou boude sodat dit lyk asof jy sit
• Triseps-oefening – staan met jou rug na ’n tafel, hande op die rand, sak af met jou lyf en stoot jouself weer met jou arms op
• Sterspronge (jumping jacks) – spring na ’n wydsbeen-posisie en
klap terselfdertyd jou hande bo jou kop, spring dan weer sodat jou bene bymekaar is en jou hande langs jou sye
• Afsakke (lunges) – staan met voete ’n liniaalbreedte uitmekaar, tree stadig vorentoe met regterbeen en sak stadig met jou linkerknie tot op die vloer, kom regop en tree terug met regterbeen; doen dieselfde met jou linkerbeen
• Hardloop op die plek
• Plank – doen ’n opstoot en bly in daardie posisie, met jou lyf reguit.
Bodydynamics: www.body-dynamics.co.za
Olimpiese openingseremonie – Onthou jy dit?
Knoffel vir gesondheid én geur
The post Is te veel oefening sleg vir jou? appeared first on SARIE.
Wie kan Daryl Hannah en haar silwerblonde hare in die 1984-rolprent Splash vergeet? Beslis nie Hollywood nie! En dis hoekom hulle die treffer nog ’n keer gaan maak. Maar dié keer word Daryl se karakter deur niemand anderste nie as Channing Tatum vertolk.
Jy lees reg. Van Magic Mike tot Merman – Channing gaan die liefde van sy lewe buite die water gaan soek. Maar wie gaan Tom Hanks se karakter vertolk? Die komediant Jillian Bell.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Dis deesdae glad nie vreemd dat gender-rolle omgeruil word nie, veral as ou flieks oorgemaak word. In vanjaar se Ghostbusters is dié spookbevegters deur die aktrises Melissa McCarthy, Kristen Wiig, Kate McKinnon en Leslie Jones vertolk. En Chris Hemsworth, wie se spel die kollig gesteel het, was dié span se sekretaris.
Die 1975-treffer The Rocky Horror Picture Show gaan deur Fox oorgemaak word, berig E! News. En hierdie keer word die hoofrol van Dr. Frank-N-Furter vertolk deur die transgender aktrise Laverne Cox. Sy is veral bekend vir haar rol in die tronkreeks Orange is the New Black.
En die avontuur-rolprent The Mummy, waarvoor die Suid-Afrikaner Arnold Vosloo bekend geraak het, word ook oorgemaak. Hy speel nie in die nuwe fliek nie, want dié keer vertolk aktrise Sofia Boutella die rol van die antagonis.
The post Channing Tatum die nuwe Daryl Hannah appeared first on SARIE.
Vanoggend het Wayde van Niekerk met sy spykerskoene só vinnig gehardloop dat hy sommer ook die 17-jarige wêreldrekord laat spat het toe hy sy goue medalje wen.
Maar hy is nie al een in die familie wat ’n medalje gaan huis toe bring nie. Sy nefie, die Blitsbok Cheslin Kolbe, het saam met sy span ’n brons vir die sewesrugby gekry.
As kinders het hulle op laerskool saam rugby gespeel en R5 per drie verdien. Min het die Kolbes en die Van Niekerks destyds gedink dat die seuntjies, wat verlangs familie is, Suid-Afrika jare later op die grootste sportverhoog sal teenwoordig.
Kyk net hoe het Cheslin gespog oor Wayde se prestasie:
Ons kan net dink dat daar groot feesvieringe gaan wees!
The post Neefs bring goud en brons huis toe appeared first on SARIE.
The Beatles, Elvis Presley, Cliff Richards, Bob Dylan en Pat Boone. Dié musikante was die klankbaan van die aktrise Elize Cawood se jeug.
“Dit was die jare van The Beatles. Ons het die plate so onder mekaar uitgeruil en met ’n portable platespeler het ons omtrent musiek geluister,” vertel Elize aan SARIE.com.
En as haar lewe ’n temalied was?
“Van Morrison se ‘Have I Told You lately that I Love You’.” Gelukkig hoor Wilson Dunster, Elize se man, dit gereeld.
Wilson en Elize is soos sout en peper, vinkel en koljander, pannekoek en kaneel. As jy dié twee in ’n fliek of verhoogproduksie saam sien is daar nét magic. En Elize sê hulle geniet dit steeds om ná al die jare saam te werk.
Elize en Wilson in Saxonwold, 1992
FOTO Verskaf
In Sy Klink Soos Lente speel Wilson en Elize wéér saam.
“Maar ek het ’n klein rolletjie. Jy gaan jou oë knip dan is ek weg,” skerts sy.
Elize speel tannie Martie die eienaar van ’n nagklub waar die Groenblare (Stiaan Smith, Bennie Fourie, Wilson Dunster en James Cuningham) probeer om op te tree.
“Sy was baie fun. Gehard, sy rook selfs pyp, maar het eintlik ’n klein hart.”
SKERMGREEP Youtube
Die groep stig net die Groenblare om hul vriend, Ben (Stiaan), te help om liefde te vind.
Elize sê dit was lekker om saam met die “jongklomp” te werk.
“Wonderlike klompie mense, hulle is net stunning. En die draaiboek is snaaks, mooi, heerlik! En jy weet die bedryf word in goeie hande gehou.”
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Kyk hoe rook sy pyp in Sy Klink Soos Lente:
Dieselfde woorde, maar ’n hele nuwe liedjie. Bouwer Bosch en die span van die Afrikaanse film waaroor almal praat, Sy Klink Soos Lente, nooi jou uit om jou eie weergawe van die temalied, “Sy Klink Soos Lente”, op te neem. Jy kan WEN!
Wêreld, ontmoet die hoofsanger van Groenblare, Ben #SKSL
The post Ge-bling is Elize Cawood reg vir die lente appeared first on SARIE.
Koalisie is ’n woord wat ons die afgelope paar weke sommer baie hoor. Maar wat beteken dit, en hoe lyk ’n perfekte koalisie nou eintlik?
Koalisie, wat? ’n Politieke koalisie is ’n vennootskap (samewerking) tussen twee partye wat gaan poog om saam te regeer. Vyf van die groot stede in SA is ná die pas afgelope munisipale verkiesings nie onder die ANC se bewind nie. Maar omdat die opposisiepartye nie oral ’n volstrekte meerderheid behaal het nie, is daar sprake van koalisie tussen die DA en die EFF in Johannesburg, Pretoria, Mogale City (Krugersdorp) en Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) sodat hulle in elk van die onderskeie metro’s sáám die meerderheid teenoor die ANC kan vorm.
– Pannekoek en kaneelsuiker
– Wayde van Niekerk en die 400 m
FOTO Olympics
– Biltong en bier
– Braaivleis en rugby
– Meryl Streep en die Oscars
– Vis en tjips
– Serena Williams en Wimbledon
– Fliek en springmielies
– Kate Middleton en prins William
Hertog en Hertogin van Cambridge, Prins William en Kate Middleton. Foto: @the_british_monarchy instagram
– Reën en ’n lekker boek
– Tee en koekies
– George Clooney en ’n donkersjokolade
Wat sal jou perfekte koalisie wees?
The post Só lyk ’n perfekte koalisie appeared first on SARIE.
Dit is nie net babas wat vernuftig is met ’n iPad nie, deesdae hou dolfyne ook daarvan om met dié tablet te speel. Wel, veral een dolfyn …
’n Video wat viral gegaan het, wys hoe ’n dolfyn by Seaworld in Florida, VSA, ’n iPad blitsvinnig en speels gryp uit die hande van ’n vrou langs die swembad. Dit beland in die water en sy gryp dit dadelik terug. In die proses spat die dolfyne die toeskouers heerlik nat – so al asof hulle die laaste sê het!
Kyk net die oulike video hier:
In 2010 het ’n studie deur Emory Universiteit, VSA, bevind dat dolfyne byna so intelligent soos mense is. Die komplekse voue in die korteks van hul brein is soortgelyk aan dié van die mens. Geen wonder die dolfyn het die iPad gegryp nie – dis immers die era van als digitaal!
10 goed wat jy van Amy Schumer moet weet
Ge-bling is Elize Cawood reg vir die lente
Neefs bring goud en brons huis toe
The post Dolfyn steel iPad – sowaar! appeared first on SARIE.
Die Kanadese sanger Justin Bieber het net 75 mense op Instagram gevolg, maar sy eie profiel het die sesde meeste volgelinge op dié platform gehad. ’n Hele 77,9 miljoen van hulle! Nou het hy Instagram gegroet en sy aanhangers, oftewel Beliebers, is woedend.
Dit het als begin toe Justin se aanhangers hom ontstel het met hul lelike kommentaar op sy foto’s wat hy van hom en sy nuwe meisie, Sofia Richie, gedeel het. Sofia is die Grammy-wenner Lionel Richie se dogter.
“Ek gaan my Instagram privaat maak as julle nie ophou met jul haat nie …” het hy op Instagram geskryf, berig The Guardian.
So vinnig soos wat jy “stop” kan sê, het sy eksmeisie, die sanger Selena Gomez, vir sy aanhangers opgekom. Selena het die meeste Instagram-volgelinge, met Taylor Swift en Ariana Grande in tweede en derde plek. “As jy nie die haat kan hanteer nie, moet jy ophou om foto’s van jou meisie te deel… Moenie kwaad wees vir jou aanhangers nie. Hulle was lief vir jou. En hulle was daar vir jou voor iemand anders,” het Selena op sy boodskap gereager. En toe bars die herrie los. Justin reageer en Selena regeer. En toe besluit Justin om Instagram te groet.
Hier’s ’n skermgreep van hul interaksie:
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Ná Justin sy Instagram gesluit het, het Selena op Snapchat probeer verskoning vra, berig Daily Mail. “Wat ek gesê het, was selfsugtig en puntloos,” het sy geskryf. Maar Justin het haar ’n koue skouer gegee.
Beliebers kon dit nie weerstaan om op sosiale media te kla nie:
When u wake up to the biggest drama#SelenaEndedJustinBieberParty pic.twitter.com/ZiuXGRRQTa
— Shanti Tan (@ShantiJoanTan) August 15, 2016
#RIPBeliebers this is what happened pic.twitter.com/wAjLPAuUgt
— Miriam Belieber (@miryamdehbi) August 15, 2016
@justinbieber we love u too we love u more than anything never forget that #JustinYoureNotAlone pic.twitter.com/k5vERFt02T
— inactive bc Italia (@kdrhlsrevival) August 17, 2016
Hy is nie die eerste bekende wat Instagram los nie. Die sanger Demi Lovato het in Junie vir Instagram en Twitter gegroet.
Hierdie bekendes word die meeste gevolg op Instagram:
Image may be NSFW.
Clik here to view.
Bron: Statista
The post Beliebers woedend: Justin groet Instagram appeared first on SARIE.
SARIE.com het die hulp van ’n professionele butler ingeroep om ’n paar huishou-wenke met jou te deel. Hoe hou jy jou handdoeke sag en silwerskoon? Anton van Deventer, van die SA Butler-akademie, sê:
– Bly weg van versagmiddel wanneer jy handdoeke was. Dit het ’n oliebasis en bou op. Pleks van versagmiddel kan jy ’n koppie wit asyn gebruik. Dit laat die handdoeke sag, sonder enige asynreuk.
– Gebruik net die helfte van die waspoeier vir handdoeke wat jy vir ander bondels wasgoed sal gebruik.
FOTO Instagram
– Was jou handdoeke teen ’n hoë temperatuur, 60°C. Vir baie vuil wit handdoeke kan jy tot 80 of 90°C gebruik – byna kookpunt. Moet dit nie met gekleurde handdoeke doen nie, dit sal verbleik.
– As daar sonbrand- of ander oliekolle op jou wit handdoeke is, vryf Handy Andy daardeur voordat jy dit in die wasmasjien gooi.
– Week wit én gekleurde handdoeke met grimeer- en ander vlekke op in Vanish O2-poeier.
– Jou handdoeke is sagter as jy dit op ’n mediumhitte in die tuimeldroër droogmaak, eerder as om dit in die son te hang.
– Sodra jy dit uit die tuimeldroër of van die draad afhaal, vat jou handdoeke aan die hoeke vas en rek en trek dit ’n paar keer voordat jy dit opvou en bêre. Dit sal help om die handdoeke mooi reguit te hou.
The post Só bly jou handdoeke sag appeared first on SARIE.