Quantcast
Channel: SARIE.com-span – SARIE
Viewing all 1609 articles
Browse latest View live

Kate en William se span

$
0
0

Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, gaan in September Kanada toe op ’n ampsbesoek van 8 dae. Met só ’n reis moet als natuurlik eksieperfeksie wees, daarom het hulle ’n omtrent ’n gevolg en ’n half wat saamgaan. 

Kate se span

Sekretaresse: Rebecca Deacon

Rebecca sal sorg dat alles seepglad verloop. Indien Kate op haar eie ’n geleentheid moet bywoon, sal sý haar regterhand wees. Rebecca beplan ook die hertogin se dagboek.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

 

Persoonlike assistent en uitrustings: Natasha “Tash” Archer

Buiten dat sy vir Kate persoonlik ondersteun, sal Natasha voor die toer spesiale uitrustings vir die hertogin uitsoek. Dis gewoonlik uitrustings deur Engelse ontwerpers.FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

 

Hare: Amanda Tucker

Wat is Kate sonder haar ikoniese lokke? En haar haarkapper Amanda Tucker sal sorg dat elke haartjie op sy plek is.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

William se span

Sekretaris: Miguel Head

Hy is William se regterhand en sal sorg dat die besoek moeiteloos verloop. Hy beplan ook William se dagboek.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

 

Diplomatieke adviseur: Sir David Manning

Sir David sal diplomatieke raad gee aan sowel William as Kate. Hy is persoonlik in 2009 deur koningin Elizabeth II gekies om hulle te adviseer. Hy gee ook raad aan prins Harry.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

 

Woordvoerder: Jason Knauf

Dié Amerikaner sal ’n span van vier lei om seker te maak alle medianavrae word goed hanteer.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Prins George en prinses Charlotte

Of jy nou van dié koninklikes hou of nie, hul kinders bly darem maar ougat! Dis nog nie seker of die tweetjies saamgaan Kanada nie. Maar indien wel, sal daar uitstappies en spesiale besoeke vir hulle gereël word.

FOTO Instagram / @kensingtonroyal

FOTO Instagram / @kensingtonroyal

 

Oppasser: Maria Teresa Turrion Borrallo

Maria is die Cambridges se eie Mary Poppins. Kate respekteer haar onsaglik baie en sal dikwels die kinders aantrek in die klere wat Maria persoonlik uitgekies of selfs as present gegee het.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Die toer sal op 24 September afskop.

Lees nou

Keira die nuwe Sugar Plum Fairy

Dié 5 kleure laat donkerkoppe fantasties lyk

Pieter-Dirk se 10 lewensreëls

The post Kate en William se span appeared first on SARIE.


Koffieverslaafde? Dis dalk in jou gene!

$
0
0

Jy kan nie die dag oorleef sonder jou tweede, derde of selfs vierde koppie koffie nie. En jy’t al geleer geen besluite moet geneem word vóór jou eerste koppie boeretroos nie. Jou beheptheid met koffie is dalk nie ’n verslawing nie, maar eerder iets in jou gene.

Navorsers aan die Universiteit van Edinburg in Skotland het bevind ’n geen, PDSS2, is verantwoordelik vir die hoeveelheid koppies wat jy kan drink. Indien jy nie die geen het nie, sal jy smag na veel meer as een koppie koffie, berig CNN. En mét die geen kan jy aansienlik minder drink.

Tyd vir koffie. Foto: @julianovatoacessorios_instagram

Tyd vir koffie. FOTO @julianovatoacessorios_instagram

1 213 Italianers en 1 731 Nederlanders het aan hierdie studie deelgeneem. In albei groepe het die wetenskaplikes gesien hoe die PDSS2-geen ’n rol speel in die inname van koffie.

Die metabolisme van mense met dié geen verwerk ook die kafeïen stadiger, berig Popular Science.

Gelukkig is daar studies wat bewys koffie is goed vir jou.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

5 redes waarom koffie goed is vir jou

’n Koppie koffie soggens is dalk meer as net ’n energie-inspuiting. Gereelde koffiedrinkers – minder as 5 koppies per dag – het ’n kleiner kans om voortydig dood te gaan, volgens nuwe navorsing in die Amerikaanse joernaal Circulation. Al hoe meer studies wys dit het dalk verskeie gesondheidsvoordele.

Hier’s die redes:

Diabetes – Sowat 11%. Dis hoeveel deelnemers aan ’n Amerikaanse studie hul kanse verminder het om in die daaropvolgende vier jaar diabetes te kry. Dis nadat hulle oor vier jaar hul koffie-inname met gemiddeld 1,69 koppies per dag vermeerder het.

Parkinson se siekte – ’n Hoë kafeïen-inname (en dus koffie) word met ’n aansienlik laer voorkoms van Parkinson se siekte geassosieer, wys Amerikaanse navorsing. Matige kafeïengebruik kan dalk ook help vir die motoriese simptome, soos stadige bewegings, spierstyfheid, bewerigheid en verlies aan balans, volgens nog ’n studie in die Amerikaanse joernaal Neurology.

Klik hier om die ander 3 redes te lees.

Lees nou

Koffiebeker-slopies

5 redes waarom koffie goed is vir jou

‘Inspirasiekos met SARIE’ se koffie-resepte (episode 11)

The post Koffieverslaafde? Dis dalk in jou gene! appeared first on SARIE.

Twee pa’s kry ’n drieling

$
0
0

’n Drieling, met die DNS van albei pa’s, is in Julie gebore. Die gay paartjie, Theo and Christo Menelaou, het hul drie kinders met behulp van surrogaat-swangerskap gekry. 

Albei se sperm is gebruik, en die twee eierselle is elk deur ’n ander pa se DNS bevrug. Een van die eierselle het in twee verdeel en vir ’n identiese tweeling gesorg, berig The Telegraph.

Die Menelaous se twee dogtertjies en ’n seuntjie is prematuur gebore en elk het met geboorte skaars oor 1 kg geweeg. Een van die babas het nou ’n hartoperasie nodig.

Kyk die onderhoud hier:

In SARIE se Augustus 2016-uitgawe het Lydia van der Merwe gesels met Johan van Rooyen, wat as enkellopende ’n surrogaatbaba gekry het.

Hier’s ’n uittreksel van sy storie:

Vandat hy kan onthou, wou sielkundige Johan van Rooyen pa wees. En op 28 Junie is sy surrogaatbaba, Isabella, na sy ma genoem, gebore. Hy sien haar al glimlag.

As gay man en tans alleenloper het hy geweet dit gaan nie op die bytjies-en-blommetjies se manier gebeur nie. Op 30 het hy vasbeslote aan vriende gesê: “Hoe dit gaan gebeur, weet ek nie, maar binnekort is ek pa.” En nou, elf jaar later, is dit inderdaad so.

Oor die pad tussenin gesels hy gretig. Glad nie skaam om sy emosies te wys nie. Aanneming was aanvanklik ’n moontlikheid. Maar hy het besef hy sou laaste op ’n agentskap se lys van moontlike ouers beland.

’n Artikel oor surrogaatskap het sy kop in ’n ander rigting laat koers kies. Is daar werklik vroue wat bereid is om dit te doen? Dís mos die oplossing!

Surrogaatskap: Klinies en koud soos die proses klink, was elke treetjie daarvan vir hom gelaai met afwagting en vreugde. Angstigheid ook.

Lees die volledige onderhoud in SARIE se Augustus 2016-uitgawe.

rolene strauss augustus 2016

– Hierdie uitgawe is ongelukkig nie meer op die rakke beskikbaar nie. Maar kan aanlyn hier gekoop word.

The post Twee pa’s kry ’n drieling appeared first on SARIE.

Lena Dunham in onderklere-veldtog

$
0
0

Die aktrise en skepper van die TV-reeks Girls, Lena Dunham, verskyn in haar onderklere in ’n foto-veldtog sonder dat ’n titsel van haar lyf gephotoshop is.

Die foto’s van haar en haar vriendin Jemima Kirke, wat ook in Girls speel, is deel van ’n veldtog om ’n positiewe liggaamsbeeld onder vroue te bevorder. Dit heet The Lonely Girls Project en is ’n inisiatief wat die Nieu-Seelandse onderklere-handelsmerk Lonely reeds in 2009 begin het.

An outtake of our Lonely Girls, Lena & Jemima Shot by @zaraeloise for #lonelygirlsproject

A photo posted by Lonely Lingerie (@lonelylingerie) on

Inspirerende vroue van oor die wêreld word in hul onderklere afgeneem in hul natuurlike omgewing, dikwels hul eie huis. Dié veldtog om ’n positiewe liggaamsbeeld onder meisies en vroue te skep is internasionaal deel van ’n nuwe trend: onderklere-advertensies wat wys hoe vroue werklik lyk – sónder Photoshop en sónder prentjies van modelle met ’n onrealistiese liggaamsvorm. 

Sisters Bianca & Valentina for Lonely Girls. Shot by Harry Were in Auckland, NZ. #lonelygirlsproject
A photo posted by Lonely Lingerie (@lonelylingerie) on

 

Lees meer oor die veldtog hier.

Lees nou

Kate en William se span

Koffieverslaafde? Dis dalk in jou gene!

Aktrise Courteney Cox spyt oor botoks

The post Lena Dunham in onderklere-veldtog appeared first on SARIE.

Dís hoekom gaap so aansteeklik is!

$
0
0

Gaap is ’n aansteeklike ding. Soos jy die woord gaap hier lees, het jy seker al begin gaap. Gaap, gaap, gaap, gaap, gaap. Gaaaaaaaap …

Selfs net om na ’n prentjie te kyk van iemand wat gaap sal jou moontlik laat gaap.

Hoekom is gaap so aansteeklik?

Om te gaap is ’n onwillekeurige aksie en almal doen dit. Navorsing toon as jy gaap, bereik meer lug jou brein. Dit koel dan af en werk doeltreffender. Gaap is dus ’n metode om jou brein af te koel, berig Smithsonian.com.

Aansteeklike gapery kom net voor by mense en sjimpansees. En tussen 60 en 70 persent van alle mense kan bloot na prentjies van gapery kyk om te begin gaap.

Wetenskaplikes vermoed dit het te doen met onderliggende empatie. Professor Steven Platek, sielkundige van die Georgia Gwinnett-kollege in Amerika, het ’n MR-skandering gedoen van mense wat aansteeklike gapery ervaar.

Tydens die gapery het dieselfde dele in die brein verlig as dié wat met die verwerking van ons eie sowel as ander mense se emosies te doen het.

Het jy al gegaap?

Bronne: Smithsonian, Psycology Today

Lees nou

Dis kortpad-gesond

Só slaap die wêreld

1 slaapkamer, 3 maniere

The post Dís hoekom gaap so aansteeklik is! appeared first on SARIE.

‘Dis nou genoeg!’– celebs oor gewig en botoks

$
0
0

“Dis geen skande om gewig op te tel tydens jou swangerskap (of ooit) nie!” Só het Hollywood-aktrise Anne Hathaway onlangs op sosiale uitgevaar.

Sy is goed keelvol vir die kritiek wat vroue ná swangerskap moet verduur. Veral omdat sy nou self ’n “nuwe” lyf het sedert die koms van haar eersteling, Jonathan Rosebanks Shulman, in Maart vanjaar. Sy en haar man, Adam Shulman, is in 2012 getroud.

Die druk op ma’s om ná swangerskap terug te bons na hul oorspronklike figuur is oorweldigend. En as jou voorkoms jou werk is, is daar geen genade nie. Veral nie in Hollywood nie.

Die Victoria’s Secret-model Adriana Lima se lyf was in 2012, ná die geboorte van haar tweede kind, binne net vyf weke weer reg vir die loopplank.

FOTO Instagram / @adrianalima

FOTO Instagram / @adrianalima

En die Victoria’s Secret-model Lily Aldridge, wat ook in 2012 haar eersteling in die wêreld gebring het, het in net 4 maande haar fikse en vietse modellyfie teruggekry.

FOTO Instagram / @lilyaldridge

FOTO Instagram / @lilyaldridge

Maar Anne het besluit om nie druk op haarself te plaas nie. Sy het self een van haar jeans in ’n kortbroek omskep. Sy het haar nuwe kortbroek op Instagram gedeel met die volgende boodskap:

“Dis geen skande om gewig op te tel tydens swangerskap (of ooit) nie. Dis geen skande as dit langer vat om dié gewig te verloor nie (dis nou te sê as jy dit hoegenaamd wil verloor). Dis geen skande om jou jeans in ’n kortbroek te verander omdat verlede somer se kortbroek te kort is vir dié somer se bobene nie. Liggame verander. Liggame groei. Liggame krimp. Dis alles liefde (moenie laat enigiemand vir jou anderste vertel nie).”

Maar gewig is nie die enigste ding waaroor Hollywood tob nie. Om oud te word is ook ’n dilemma.

Die aktrise Courteney Cox het pas erken dat sy spyt is oor die botoks wat sy gebruik het. Sy het teenoor die avonturier Bear Grylls gebieg in ’n onderhoud tydens ’n episode van sy werklikheidsreeks Running Wild With Bear Grylls, berig E! News.

@nbcrunningwild returns TONIGHT with guest #CourteneyCox. Tune in at 10/9c on @nbctv! #RunningWild

A photo posted by Bear Grylls (@beargrylls) on

In die episode vertel Courteney dat sy aanvanklik gesukkel het met ouer word, veral omdat daar in Hollywood so baie druk op vroue is om hul jeugdige voorkoms te behou. Sy het veroudering probeer voorspring deur botoks- en vuller-behandelings op haar gesig te gebruik. “Maar dit is nie iets waarmee jy kan byhou nie,” sê sy in die onderhoud. “Soms het ek na ’n foto van myself gekyk en gedink: Ek lyk aaklig!”

Hoewel sy spyt is oor die behandelings, vertel Courteney sy het baie uit die ervaring geleer. En sy’s bly dat die behandelings iets is wat mettertyd oplos en weggaan. “Nou het ek ’n nuwe slagspreuk: Just let it be.”

Jou gewig is net ’n getal

Marciel Hopkins, vanjaar een van die 12 finaliste vir die Mej. SA-kroon, oor wie ons vroeër vanjaar berig het (SARIE se Februarie 2016-uitgawe), het tóé 14 kg verloor omdat sy aan dié wedstryd wou deelneem.

Maar sy het vrede oor haar Mej. SA-reis … (Sy het nie onder die top-vyf geëindig nie.)

“Ek glo elkeen se pad is lank gelede reeds vir hulle beplan en my lewe hou ander opwindende avonture en uitdagings in.” Sy wou sedert kleintyd model word, maar het gedink omdat sy effe groter was, sou dit nooit werklikheid word nie.

FOTO Marnus Meyer

FOTO Marnus Meyer

Maar drome word waar, en vandag is sy in Hamburg, Duitsland, en werk as plusgroot model (oftewel curvy model) vir OKAY Models!

Marciel is nie meer so hard op haarself om in ’n sekere nommer te pas nie.

“Ek fokus eerder op my gesondheid en op dinge wat my goed en gemaklik laat voel. ’n Nr. 12-broekgrootte is nie noodwendig die gesondste opsie vir my liggaam nie, hoewel mense gedink het ek lyk wonderlik. Elke mens se lyf is uniek en maerwees beteken nie noodwendig ‘gesond’ nie.’’

- Marciel Hopkins

Bronne: Daily Mail, Shape, Daily Mail

Lees nou

Dís hoekom gaap so aansteeklik is!

Britney Spears verras weer

Kate en William se span

The post ‘Dis nou genoeg!’ – celebs oor gewig en botoks appeared first on SARIE.

Walvis sê dankie ná mense hom red

$
0
0

Sy ma het hom mooi geleer! Die jong walvis wat Sondag gered is, het op ’n baie spesiale manier dankie gesê vir sy mense-redders.

Die NSRI (Nasionale Seereddingsinstituut) en ander reddingspanne soos die SAWDN (Suid-Afrikaanse walvis-ontstrengelingsnetwerk) het naby Valsbaai vir sowat 9 ure gespook om toue en boeie wat die walvis verstrengel het, los te maak.

Om dankie te sê het die walvis sy kop saggies op die kant van die boot gesit en vir 20 minute só gelê en na sy helde geloer.

Die nuusnetwerk eNCA het ’n eksklusiewe video van dié reddingspoging gekry. Kyk na dié video HIER.

Lees meer op die NSRI se webtuiste.

Lees nou

Dís hoekom gaap so aansteeklik is!

Koffieverslaafde? Dis dalk in jou gene!

Álle aktrises is nie maer nie’ – Pulane

The post Walvis sê dankie ná mense hom red appeared first on SARIE.

Rolanda Marais se babamagie

$
0
0

Rolanda Marais se nuutste fliek, Johnny is nie dood nie, het die afgelope naweek skoonskip gemaak op kykNET se jaarlikse Silwerskermfees by The Bay Hotel in Kampsbaai. Die fliek het 8 toekennings gewen, insluitend dié vir beste rolprent. En Rolanda, wat haar hare spesiaal blond gekleur het vir die rol, het baie lof gekry vir haar spel. 

Maar sy het nie net gegloei oor dié uitstekende prestasies nie. Rolanda is 27 weke swanger met haar en haar regisseur-man, Jozua Malherbe, se eerste kind en sy het beeldskoon gelyk met haar babamagie. Hul babadogtertjie word vroeg in Desember verwag!

Sy het hierdie pragtige foto op Instagram gedeel:

Die Afrikaanse aktrise Angelique Gerber was ook met haar bababoep by dié glansgeleentheid. Sy speel saam met Anna-Mart van der Merwe in die fliek Dis koue kos, skat.

Sy en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, verwag ook hul eersteling, ’n seuntjie. Sy naam gaan Jacques wees, berig Netwerk24.

SA se Mej. Wêreld, Rolene Strauss, en haar man, D’Niel Strauss, was ook die afgelope naweek in die Kaap. Kyk net hoe pragtig lyk sy met haar bababoep:

The perfect end to a wonderful weekend filled with great company and sunny South African skies. #Love #Spring #ThreeOfUs

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Namibië se Victoria’s Secret-model, Behati Prinsloo, is 37 weke swanger met haar en haar musikant-man, Adam Levine, se eerste kind. Adam is die voorsanger van Maroon 5.

34 weeks

A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

En SA se Candice Swanepoel, ook ’n Victoria’s Secret-model, verwag ’n seuntjie. Sy en haar kêrel, Hermann Nicoli, gaan hul eersteling Anacã noem.

All you need is love, love Love is all you need. A photo posted by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Die radio-omroeper Darren “Whackhead” Simpson en sy vrou het gister hul tweede kind verwelkom!

Lees nou

Dís hoekom gaap so aansteeklik is!

Lena Dunham in onderklere-veldtog

Twee pa’s kry ’n drieling

The post Rolanda Marais se babamagie appeared first on SARIE.


TV die nuwe Hollywood?

$
0
0

Vir ’n geruime tyd sien ons al hoe meer dat groot name van Hollywood, die A-lys-akteurs, in TV-reekse speel.

Party beskryf dit as die renaissance van TV, met Oscar-benoemdes wat in kort reekse verskyn óf wat seisoen na seisoen te sien is in groot reekse op die klein kassie. Dink net aan die Oscar-benoemde Viola Davis, wat al vir twee seisoene in Shonda Rhimes se ABC-reeks How To Get Away With Murder speelEn die Oscar-wenner Kevin Spacey wat die rol van die antagonis vertolk in die Netflix-reeks House Of Cards.

In 2014 het Viola tydens die invloedryke Television Critics Association se jaarlikse mediatoer die volgende gesê oor haar besluit om TV-werk te doen:

“Dit was die materiaal wat my aangetrek het. Ek dink dinge het verander. Om TV te kies sal nie meer ’n impak op jou loopbaan hê nie. Ek wou ’n karakter vertolk wat my uit my gemaksone neem. En die logiese besluit, as aktrise, was om hierdie rol te aanvaar.”

Ander akteurs soos Kevin Bacon, Matthew McConaughey, Colin Farrell, Jessica Lange, Woody Harrelson, Robin Wright en Rachel McAdams het ook al in TV-reekse of mini-reekse verskyn.

FOTO: Jason LaVeris/FilmMagic

FOTO: Jason LaVeris/FilmMagic

In die 1950’s het Hollywood se rolprentbedryf swaargekry omdat televisie tóé die gewilde medium vir vermaak was. Die tydperk tussen 1947 en 1960 word beskou as die goue era van televisie. Groot rolprentname het spesiaal TV-produksies geskep. Die regisseur sir Alfred Hitchcock het met die reeks Alfred Hitchcock Presents vorendag gekom en selfs Walt Disney het TV-programme gemaak. Die oorspronklike The Twilight Zone-reeks het mense vasgenael gehou voor hul televisiestelle.

Kyk Hitchcock se snaakse inleiding vir sy TV-reeks:

En met die soort renaissance wat TV nóú beleef, kies groot name soos Winona Ryder om haar Hollywood-terugkeer met ’n buiging op TV te maak. Sy speel in die Netflix-treffer Stranger Things.

FOTO Facebook / Winona Ryder

FOTO Facebook / Winona Ryder

Tog meen die Suid-Afrikaanse rolprentfotograaf Dan Mindel, wat in Hollywood werk met groot name soos regisseurs/vervaardigers Ridley Scott en J.J. Abrams, dat die rolprentbedryf nooit tot niet sal gaan nie.

“Solank dit goedkoop is om bioskoop toe te gaan, sal mense gaan. Daar is iets samehorigs omtrent fliek toe gaan. Iets magies,” het hy tydens kykNET se Silwerskermfees in Kampsbaai gesê.

Bronne: Variety, CNN, Variety

The post TV die nuwe Hollywood? appeared first on SARIE.

Ons onthou: Prinses Diana

$
0
0

Dit is 19 jaar sedert die wêreld op 31 Augustus 1997 geskok is deur die skielike heengaan van een van die mees geliefde koninklikes: prinses Diana, ma van prins William en prins Harry. Geliefde prinses van harte regoor die wêreld.

Sy het saam met haar kêrel, Dodi Al-Fayed, in Parys verongeluk.

Haar dood het steeds ’n invloed op die lewe van haar twee seuns.Toe sy gesterf het, was prins Harry 12 en prins William 15.

Drie jaar gelede, op die ouderdom van 28, het prins Harry vir die eerste keer gepraat oor die dood van sy ma, prinses Diana. Maar vóór dit was dit ’n seer wat hy nie wou aanroer nie. En dis vandag die 31-jarige se grootste berou.

“Ek is werklik spyt dat ek nie oor my ma se dood gepraat het nie,” het Harry tydens die geleentheid gesê, berig The Guardian.

En sy ouer broer, prins William, sê daar gaan nie ’n dag verby sonder dat hy aan haar dink nie. Verlede week het hy die Keech Hospice Care in Luton, Engeland, gaan besoek. Dis daar waar hy ’n 14-jarige seun, Ben Hines, vertroos het. Ben het verlede jaar sy ma verloor, berig Metro.

“Tyd maak dit beter. Ek weet hoe jy voel, ek mis my ma elke dag,” het prins William gesê.

Ná al die jare onthou ons steeds vir prinses Diana. Sy het drie keer op die Britse Vogue se voorblad verskyn. En op talle ander tydskrifte soos Time, Vanity Fair, Life en People.

Diana-Vogue-1981-1997

Prinses Diana Vogue

 

Kyk die video van ’n jong prinses Diana, prins Charles en ’n klein prins William:

Lees nou

Rolanda Marais se babamagie

Dan Sleigh kry iets reg wat min kan!

The post Ons onthou: Prinses Diana appeared first on SARIE.

Is dít die beste advertensie van 2016?

$
0
0

Wat kry jy as jy ’n parfuum en die Hollywood-regisseur Spike Jonze kombineer? Die malste en briljantste advertensie van 2016. 

Wel, dis nou as jy kritici en die gegons in die kuberruim moet glo! Die nuutse Kenzo-parfuum, Kenzo World, se advertensie lyk soos ’n mini-film. Met Spike agter die lens is die kinematografie en kostuums asemrowend mooi.

Kyk die advertensie hier:

Spike is nie die eerste Hollywood-regisseur wat ’n parfuum-advertensie geskiet het nie.

In 2004 het die Australiese regisseur Baz Luhrmann vir die mode- en skoonheidshuis Chanel se ikoniese parfuum No. 5 ’n advertensie geskiet met Nicole Kidman. Dit het $42 miljoen (sowat R610 miljoen) gekos! Nicole is vir dié advertensie, wat net 180 sekondes lank is, $12 miljoen (sowat R174 miljoen) betaal.

Hy het tien jaar later in 2014 wéér ’n advertensie vir Chanel se No. 5 gemaak, dié keer met die supermodel Gisele Bündchen.

Vanjaar het die Britse regisseur en Oscar-wenner Steve McQueen vir Burberry se parfuum Mr. Burberry ’n sexy advertensie geskiet. Dit het ook soos ’n kortfilm gevoel.

Maar dis nie al nie. Die Grammy-wenner Michael Bublé se parfuum, By Invitation, het ook gesorg vir ’n heerlike advertensie.

Die modehuis Louis Vuitton bring hul eie parfuumreeks uit. Hulle het op Instagram dié pragtige video bekend gestel:

Lees nou

Ons onthou: Prinses Diana

Duurste musiekvideo’s in geskiedenis

Rolanda Marais se babamagie 

The post Is dít die beste advertensie van 2016? appeared first on SARIE.

Dié bekendes word die meeste gevolg

$
0
0

Ons leef in die era van sosiale media. En deesdae is dit niks vreemds vir bekendes om hul lewe op Instagram, Snapchat en Twitter uit te beeld nie. Maar wie word die meeste gevolg op Instagram? Glo dit of nie, maar dis nié die Kardashians nie.

Top-3 internasionale bekendes op Instagram

Popsanger Selena Gomez het die meeste volgelinge – sommer 97,5 miljoen van hulle!

My first @vogueaustralia cover came out -thank you so much! So grateful

A photo posted by Selena Gomez (@selenagomez) on

 

Grammy-wenner Taylor Swift is in die tweede plek met 90,3 miljoen volgelinge.

Oh what a night. A photo posted by Taylor Swift (@taylorswift) on

 

Die Amerikaanse sanger Ariana Grande is in die derde plek met 83,1 miljoen volgelinge.

Viva Glam press day @maccosmetics New Sept 1 ♡

A photo posted by Ariana Grande (@arianagrande) on

 

Top- plaaslike bekendes op Instagram

Die Proteas se krieketkaptein AB de Villiers het 2 miljoen volgelinge!

 

Die TV-persoonlikheid en aktrise Minnie Dlamini het 1,2 miljoen volgelinge.

#TBT

A photo posted by Minnie (@minniedlamini) on

 

Die grapjas Trevor Noah het 1 miljoen volgelinge.

No guys it’s not my dad it’s Robert De Niro. Lol. People get this confused all the time. A photo posted by Trevor Noah (@trevornoah) on

Lees nou

Is dít die beste advertensie van 2016?

Ons onthou: Prinses Diana

Duurste musiekvideo’s in geskiedenis

The post Dié bekendes word die meeste gevolg appeared first on SARIE.

Ryan Lochte gaan dansskoene aantrek

$
0
0

Die Amerikaanse swemmer Ryan Lochte het homself onlangs belaglik gemaak toe hy beweer dat hy en van sy spanlede in Rio beroof is, terwyl die Brasiliaanse polisie ’n heel ander storie oor die voorval vertel het, berig CNN. Hy het daarna erken hy het die pap dik aangemaak. Nou het Ryan besluit om die skade te herstel deur aan Dancing with the Stars deel te neem.

Ná die skandaal het vier van Ryan se grootste borge hom soos ’n warm patat gelos. Hy het Dinsdag aan ABC se Good Morning America vertel dat hy ’n groot fout gemaak het.

“Ek is mens. Ek het ’n fout gemaak. ’n Baie groot fout.”

Die afgelope naweek het die aanbieder en akteur Jimmy Fallon by die MTV-musiektoekennings die draak gesteek met Ryan. Nie net het hy soos Ryan aangetrek nie, hy het selfs ’n groen pruik gedra. Dié swemmer se bottelblonde hare het in Rio se Olimpiese swembad groen verkleur. Jimmy, as Ryan, het die prys vir die video van die jaar oorhanding.

Ryan het nie op Jimmy se gekskeerdery gereageer nie, maar eerder getwiet oor sy planne vir Dancing with the Stars.

Lees nou

Dié bekendes word die meeste gevolg

Is dít die beste advertensie van 2016?

Ons onthou: Prinses Diana

The post Ryan Lochte gaan dansskoene aantrek appeared first on SARIE.

Prince se Paisley Park open

$
0
0

Vier maande ná Prince se dood is sy landgoed, Paisley Park, omskep in ’n museum vir besoekers van oor die hele wêreld.

Die museum, oftewel Paisley Park, sal vanaf 5 Oktober oop wees vir aanhangers en toeriste. Hulle sal kan sien hoe Prince geleef het, asook hoe hy sy musiek geskep en vervaardig het.

In Memphis besoek 600 000 mense jaarliks Graceland, die landgoed van die ontslape Elvis Presley. Danksy Elvis se “museum” is daar 32 000 werksgeleenthede geskep en ’n inkomste van meer as $3,2 miljard (sowat R44 miljard) uit toerisme gegenereer, berig Star Tribune.

FOTO Graceland

FOTO Graceland

Gister (31 Augustus) was dit 19 jaar sedert prinses Diana se tragiese dood. In 2000 is ’n speelpark ter ere van Diana in die Kensington-paleis se tuine geopen. Kinders en grootmense kan hulself verloor in die wonderwêreld van seerower-skepe en selfs tente van Amerikaanse Indiane. Meer as 1 miljoen mense besoek jaarliks die Diana Memorial Playground.

FOTO Royal Parks

FOTO Royal Parks

Maar dis nie net ontslape bekendes wat ’n park het nie.

Die country-ikoon Dolly Parton het ’n pretpark genaamd Dollywood, wat tot 3 miljoen besoekers per jaar ontvang. En as jy nie Dolly-gek is nie, is daar gelukkig pretritte en ’n waterpark spesiaal vir jou.

Blingin’ Banjo! #pureandsimpletour #rhinestone

A photo posted by Dolly Parton (@dollyparton) on

Lees nou

Ryan Lochte gaan dansskoene aantrek

Dié bekendes word die meeste gevolg

Is dít die beste advertensie van 2016?

The post Prince se Paisley Park open appeared first on SARIE.

Wenke wat elke WhatsApp-gebruiker moet weet

$
0
0

WhatsApp is die afgelope paar weke in die nuus, maar nie om die regte redes nie.

WhatsApp kan nou jou inligting met Facebook deel en mense is nou skrikkerig vir watter inligting Facebook van jou het en hoeveel privaatheid jy nog aanlyn het. Lees net hier die 98 goed wat Facebook dalk reeds van jou weet (byvoorbeeld hoe groot jou huis is)! Begin klink na Orwell se 1984

Ongelukkig vir ons en Margaret is daar steeds nie ’n truuk om jou foto van ’n verkeerde WhatsApp-groep te verwyder nie. Maar vir die res van jou WhatsApp-probleme, hier’s wenke.

Net tussen my en WhatsApp, asseblief

Volgens WhatsApp sal die inligting wat hulle met Facebook deel net gebruik word vir ’n beter gebruikerservaring. Maar nie almal stem saam nie.

WhatsApp-gebruikers het tot 25 September om nie dié update te aanvaar nie. As jy niks doen nie, sal jou inligting ná die sperdatum outomaties gedeel word. As jy dit reeds aanvaar het, het jy 30 dae om te kanselleer.

Só doen jy dit:

Wanneer jy dié skerm sien, klik “Read more…”

 

Sorg dat die blokkie (“Share my WhatsApp information with Facebook…”) op die volgende skerm nie gemerk is nie.

 

Dan sal jy ’n blokkie kry wat bevestig jou inligting word nie met Facebook gedeel nie.

 

As jou skerm só lyk, klik op “Agree”

As jy reeds ingestem het:

Volg dié stappe binne 30 dae…

Klik op die drie kolletjies regs bo aan jou skerm om na jou “Settings” te gaan. Klik dan “Account.”

 

Merk die “Share my account info” na links. ’n Grys boksie sal verskyn wat vra of jy seker is. Klik op “Don’t share.”

 

Jou skerm sal dan só lyk met “Share My Account Info” uitgevee. Klik op die pyltjie links bo om terug te gaan nou jou WhatsApp.

 

Nóg WhatsApp-wenke

1. Weg met die blou regmerkies!

As jy nie wil hê mense moet sien dat jy hul boodskappe gelees het nie, gaan net na Settings → Account → Privacy → Read Receipts. Klik op die regmerkie sodat die blokkie leeg is. Onthou, as jy hierdie opsie kies, gaan jy ook nie sien as mense jou boodskappe lees nie.

2. As iemand ooit op ’n groep vir jou sê hulle het nie jou boodskap gesien nie…

Dán druk jy met jou vinger teen jou slimfoon se skerm op die boodskap wat jy gestuur het. Daar sal aan die bokant van jou skerm ’n groen banier verskyn met ’n “i”. As jy hierop klik sal jy presies sien wanneer jou boodskap by wie aangekom het en presies wanneer hulle dit gelees het. Hierdie geld ook een-tot-een-gesprekke (chats), nie net groepe nie.

3. Stuur aan ’n klomp mense dieselfde boodskap, sonder om ’n groep te maak

Klik op die drie kolletjies in jou regterkantse hoek. Kies New Broadcast. Hier sal jy vanuit jou Contacts ’n lys van mense kan maak wat hierdie boodskap gaan kry. Dit lyk soos ’n groep, maar hulle kry almal die boodskap asof jy dit persoonlik net aan hom/haar gestuur het. Slinks, nè?

whatsapp

FOTO Unsplash / Saulo Mohana

4. Spaar jou data hier

Gaan na Settings → Data Usage → Media Auto-download. Hier kan jy onder al drie opsies (slimfoon-data, WiFi en roaming) jou kostes laag hou deur te kies wanneer WhatsApp enige media moet aflaai.

5. Jy hoef nie deur honderde boodskappe te beweeg nie

So ja, reëlings of adresse of bankbesonderhede is gedeel, maar ná hierdie belangrike boodskap het jy en die ander mens, of die groep, nog baie gesels. Jy hoef nie te soek na hierdie boodskap nie, want sodra daar iets belangriks gesê word, druk jy met jou vinger op die skerm waar die boodskap is. Die groen banier sal verskyn. Klik op die ster. Volgende keer kan jy net op dié groep gaan, op die naam aan die bo-kant van die skerm klik en Starred Messages kies. Daar lê die belangrike inligting waarheen jy enige tyd kan terugkom.

6. WhatsApp vanaf jou rekenaar

Hierdie wenk is nie vir jou baas nie. Klik op die drie kolletjies in die regterkantse hoek van jou WhatsApp-skerm. Kies WhatsApp Web. Gaan op jou rekenaar na web.whatsapp.com. Hou jou slimfoon op voor jou rekenaarskerm sodra die QR-kode op jou rekenaarskerm verskyn. Daar’s hy, nou kan jy heeldag WhatsApp!

whatsapp

7. Lees jy boodskappe sonder om terug te antwoord?

Vergeet jy ook soms om te antwoord nadat jy ’n lang boodskap ontvang het? Wel, nou het jy geen verskoning meer nie! As jy nie op daardie oomblik tyd het om terug te antwoord nie, hou jou vinger op die naam van die persoon, of groep, op jou WhatsApp. ’n Banier sal aan die bokant van jou skerm verskyn. Klik op die drie kolletjies en kies Mark as unread. Dié gesprek sal met ’n groen kolletjie gemerk word.

Bron: Stuff, Whatsapp, BGR

Lees ook

Jou WhatsApp het nuwe emoticons #Panda

#9tot5: Skrap hierdie 10 slegte kantoorgewoontes

’n Selfoonkontrak en apps vir jou langafstandverhouding!

Jy het net hierdie 2 apps nodig vir mooi foto’s!

The post Wenke wat elke WhatsApp-gebruiker moet weet appeared first on SARIE.


Skryf ’n brief en verander jou lewe

$
0
0

Ons lewe in die era van sosiale media waar alle kommunikasie vinnig en onmiddellik plaasvind. Tegnologie ontwikkel teen die tempo van wit lig. Met die druk van een knoppie kan jy met geliefdes duisende kilometers oor die water kommunikeer. En tans is daar meer as ’n 1 000 apps wat hoofsaaklik fokus op kommunikasie!

Maar wie sou kon dink dat ’n eenvoudige, handgeskrewe brief ’n merkwaardige invloed kan hê. En selfs jou lewe kan verander. Vandag is dit nie net Lentedag nie, maar ook Briewedag! Die ware jakob met pen én papier.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Die Amerikaner Hannah Brencher het die inisiatief begin om handgeskrewe liefdesbriewe en briewe te skryf vir vreemdelinge – veral dié in nood. Die inisiatief, wat nou wêreldwyd toegepas word, heet  The World Needs More Love Letters. Hannah het dit begin om haarself uit die kloue van depressie te kry. En het besef die briewe het eintlik haar lewe verander!

Kyk hoe gesels sy oor briewe:

Bekendes se handgeskrewe briewe word dikwels vir groot geld opgeveil.

In Junie vanjaar is ’n eenvoudige brief van die Oostenrykse komponis Wolfgang Amadeus Mozart vir $217 000 (sowat R3 miljoen) in Boston, VSA, opgeveil.

A-Rare-Handwritten-Letter-by-Mozart-Sells-for-217000-at-Auction-1

Mozart se handgeskrewe brief. FOTO RR Auction

In 1971 het die Troy Nasionale Biblioteek sy deure vir die eerste keer oopgemaak. Marguerite Hart, wat destyds die kinderafdeling se bibliotekaresse was, het vir talle akteurs, skrywers, sportsterre, musikante, dramaturge en politici geskryf. Sy het 97 briewe terugontvang.

Die Amerikaanse skrywer Theodor Seuss Geisel, oftewel Dr. Seuss, is een van dié wat teruggeskryf het.

Hier’s wat hy geskryf het:

5692290263_9f70c0297e_o

Só skryf jy ’n vriendskaplike brief

1. Skryf altyd jou adres in die boonste regterkantse hoek neer.

2. Moenie jou eie van of dié van die mens aan wie jy die brief rig, skryf nie.
Gebruik net jul name.

3. Onthou: “Liewe” en “Liefde” gaan saam – as jy bv. begin met “Liewe Lana”, sluit jy af met “Liefde, Chris”.

“Beste” en “Groete” gaan saam, bv. die aanhef “Beste Pierre” word afgesluit met “Groete, Janine”

4. Moenie ’n posseël vergeet op die koevert nie. Skryf jou adres agterop en die persoon se adres voorop.

Afrikaans is kleurryk, Afrikaans het ritme, Afrikaans het seggenskap en Afrikaans het nut! Afrikaans is uniek en Afrikaans is universeel. Afrikaans is … oppibôl! Só skryf hulle op afrikaans.com – die splinternuwe platform vir enigiets en alles Afrikaans.

Wys hoe lyk jóú Afrikaans op afrikaans.com en jy kan tot R10 000 WEN!

Selfie 1667 × 833

The post Skryf ’n brief en verander jou lewe appeared first on SARIE.

Moenie dit met jou skottelgoedwasser doen nie

$
0
0

As jy jou skottelgoedwasser oppas kan dit nog vir jare jou regterhand in die kombuis wees. Maar wat kan jy in jou skottelgoedwasser sit, en wat nie?

Anton van Deventer van SA Butler-akademie, sê:

– Ja, dit ís ’n goeie idee om al jou vuil skottelgoed vinnig af te spoel voor jy dit in die skottelgoedwasser pak! Moet veral geen skottelgoed waaraan aartappel vassit net so inpak nie – dit sal alles vuil maak. Spoel dit eers goed af.

- Ysterpotte en -panne is nie bedoel vir die skottelgoedwasser nie. (Aluminium- en staalpotte kan wel so gewas word). Ook nie enigiets met silwer op die rante nie – die silwer sal van kleur verander. Jy kan egter jou messe, vurke en eetgerei van vlekvrye staal in die skottelgoedwasser sit.

MOOD Skottelgoed

– Die volgende moet slegs met die hand gewas word: soliede of plaatsilwer messegoed, ivoorhandvatsels, hollow handled cutlery, pewter, fyn porselein, melkglas, kristalglase, houtbakke en voorwerpe met houthandvatsels of hewwe.

-Gooi een keer per week ’n halwe koppie Jik in die skottelgoedwasser, laat dit vir ’n uur staan en laat dit dan een volle siklus teen ‘n hoë temperatuur loop om kieme dood te maak.

 Lees nou

Lente is hier! Laai die kalender vir September af

Paralimpiese span vertrek na Rio vir Spele

Duurste musiekvideo’s in geskiedenis

The post Moenie dit met jou skottelgoedwasser doen nie appeared first on SARIE.

Kim Kardashian maak vrede met haar velsiekte

$
0
0

Sy is moeg om daarvoor skaam te wees. En nou gaan die koningin van selfies, Kim Kardashian, nie meer haar velsiekte wegsteek nie.

“Ek probeer dit nie meer wegsteek nie. Soms voel ek dis my groot fout en mense weet in elk geval daarvan. Hoekom moet ek dit dan probeer wegsteek?” het Kim op haar webtuiste geskryf.

Die velsiekte psoriase is in 2010 by haar gediagnoseer – die toestand is ’n kruis wat miljoene mense dra.

Wat is psoriase?

Daar is geen genesing vir dié siekte nie en dit is geneties oordraagbaar. Dit veroorsaak rooi en skubberige kolle op die vel, wat verskriklik kan jeuk en selfs pynlik kan wees. By tye kan die “skubbe” vervel en soos skilfers lyk.

Dis veral by tye op Kim se regterbeen sigbaar. Haar ma, Kris Jenner, het ook dié siekte. Hulle was albei dertig jaar oud toe die siekte by hulle ontdek is.

Die beste behandeling vir psoriase bly maar kortisoonsalwe of -rome wat gereeld aangesmeer moet word.

In 2011 het Kim tydens ’n episode van Keeping Up With the Kardashians in trane uitgebars toe haar psoriase teruggekeer het. Dit was oral oor haar maag sigbaar. Sy moes die volgende dag in ’n bikini afgeneem word.

Maar Kim het sedertdien geleer om daarmee saam te leef.

Bronne: American Academy of Dermatology, Webmd, Daily Mail

The post Kim Kardashian maak vrede met haar velsiekte appeared first on SARIE.

Só het Wilson en John verlief geraak op hul vroue

$
0
0

Met die bome vol bloeisels en die voëltjies wat ekstra hard sing, beteken dit net een ding: Dis lente! En met die koms van lente is nuwe en ou liefde ook weer in die vooruitsig.

Wie kan die lente-toneel uit Disney se Bambi (1942) vergeet? Toe die drie vriende hul geliefdes ontmoet ná hulle beloof het om nie verlief te raak nie …

via GIPHY

Onlangs het die Grammy-wenner John Legend verklap hoe hy op sy vrou, Chrissy Teigen, verlief geraak het. Die paartjie is al sedert 2013 getroud en hul eersteling, Luna Simone, is vroeër vanjaar gebore.

My loves at #lipsyncbattle!

A photo posted by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

Sunday with my ladies A photo posted by John Legend (@johnlegend) on

John het aanvanklik verlief geraak op Chrissy en haar Twitter-blad.

“Ek het op haar verlief geraak oor die foon, want sy is regtig goed met daardie 140 karakters,” het hy aan Entertainment Tonight gesê.

Aan die begin het John en Chrissy gereeld vir mekaar boodskappe gestuur.

“En gou het ek haar sin vir humor begin verstaan. Ons het oor die foon gepraat en ek het op haar verlief geraak.”

Chrissy is bekend daarvoor dat sy vlymskerp en eerlik op Twitter is. Sy sal oor enigiets praat, van maagpyn, kos en rekmerke tot selfs politiek.

John vertel die oomblik toe hulle begin om saam tyd te bestee, het hy net geweet sy is die een.

Die Suid-Afrikaanse akteur Wilson Dunster het aan Fanie Cronjé vertel hoe hy verlief geraak het op sy aktrise-vrou, Elize Cawood. Albei speel in die rolprent Sy Klink Soos Lente, wat 30 September begin wys.

Elize en Wilson in Saxonwold, 1992 FOTO Verskaf

Elize en Wilson in Saxonwold, 1992
FOTO Verskaf

“Toe ek haar die eerste keer gesien het, was sy incredibly beautiful. Ek bedoel sy is steeds beeldskoon, maar toe sy in haar twintigs was, toe was sy iets besonders. Ons het albei in 1979 in Bloemfontein gewerk aan die produksie Die drie susters. Soos jy weet, is Bloemfontein ongelooflik droog in die wintermaande. My hande was so droog dat dit gebars het. Toe Elize my hande sien, haal sy room uit haar handsak en smeer my hande. Dit was ’n baie onskuldige oomblik maar ook baie intiem.”

As eerstejaar aan die UOVS, 1970

As eerstejaar aan die UOVS, 1970 FOTO Verskaf

Vir Elize is Wilson ná al die jare steeds pragtig. En as haar lewe ’n temalied was?

“Van Morrison se ‘Have I Told You lately that I Love You’.” Gelukkig hoor Wilson dit gereeld.

“Hy het my laat lag. Maar soos sy storie sê, daai dag met die room was die oomblik. Ek dink ek het gesien die man is verwaarloos en het liefde nodig.”

Ek en Wilson op ons troudag, 11 Desember 1982 FOTO Verskaf

Ek en Wilson op ons troudag, 11 Desember 1982
FOTO Verskaf

Lees nou

Christia in nuwe Grensoorlog-fliek

Selena vat blaaskans weens lupus

Lente is hier! Laai die kalender vir September af

The post Só het Wilson en John verlief geraak op hul vroue appeared first on SARIE.

Refentse se goeie nuus!

$
0
0

Hy is lief vir Afrikaans. Refentse Morake, ’n Sotho, praat die mooiste Afrikaans denkbaar en noem dit “die taal van my hart’’. As onbekende sypaadjie-sanger tot Facebook-sensasie het Refentse met sy eerste album in talle harte gekruip. 

En nóú het sy eerste album, My hart bly in ’n taal, het platinum status bereik. Baie geluk, Refentse!

Screen Shot 2016-09-01 at 4.11.59 PM

FOTO Facebook

Hoor net hoe mooi sing hy:

Hy werk nou aan sy nuwe album en ons sien uit na meer liedjies uit sy pen.

Lees nou

Christia in nuwe Grensoorlog-fliek

Jou grimering en uitrusting kán pas

Prince se Paisley Park open

The post Refentse se goeie nuus! appeared first on SARIE.

Viewing all 1609 articles
Browse latest View live