Die appel val nie ver van die boom af nie. Die Britse akteur Jude Law se 15-jarige dogter, Iris, het onlangs in Teen Vogue verskyn. En ons kan nie glo hoe baie sy na haar pa lyk nie.
Iris is een van drie kinders uit Jude se huwelik met die aktrise Sadie Frost. Die paartjie is in 1997 getroud en in 2003 geskei.
Kyk net hoe lyk Jude se dogter:
Iris se ouer broer, Rafferty, het ook al in Teen Vogue verskyn. En die trekke na Jude is beslis sigbaar.
Die supermodel Cindy Crawford se dogter, Kaia Gerber, volg in haar voetspore. Sy het onlangs haar eerste solo-voorblad vir Pop Magazine gedoen. Sy lyk nes ’n jong Cindy.
Lees nou
Ashley Judd gaan ’n PhD aanpak
Ja, rooikoppe lyk jonger – dis bewys!
Boland se ‘postergirl': Waterblommetjies
The post Só lyk Jude Law se dogter appeared first on SARIE.